
Hier Is Christus Alles En In Almal
Hierdie week se Afkondigings:







Het jy verlede week se Afkondigings gemis? – Volg hierdie skakel en Bly Ingelig >>
Jy kan ook die Afkondigings weekliks kry deur ons Facebook blad te like: https://www.facebook.com/ngkerkkraaifonteinnoord/
Sit jy vandag op moed verloor se vlakte? – Luister dan hierna…
Wanneer die Donker Dreigend om jou vou
(’n Gedig van hoop in Christus)
Wanneer die nag jou denke kluister, en die trane stil oor jou wange streel,
Wanneer die wêreld koud en duister, jou drome een vir een in weemoed verdeel.
Wanneer jou hart soos glas in skerwe wil breek, en hoop verdwyn soos spore in die sand,
Wanneer jou siel nie meer die woorde vind, vir die pyn wat hier diep binne jou brand.
Dan kom daar sag ‘n heilige fluister, ’n Stem wat stiller as jou sugte spreek:
“My kind, Ek was nog altyd by jou. Ek dra jou dan deur elke week.”
Die Here is naby aan dié wat sukkel. Hy hoor jou roep, jou stille skree,
Hy ken jou hart, jou bede, en Hy sien die trane wat jy vinnig wegvee.
Onthou; Hy het self die pad van pyn gestap, met doringkroon ‘n kruis gedra,
en juis daarom verstaan Hy vandag jou wonde, en jou vrae.
En eendag, as jou trane opdroog, en môrelig jou siel weer omvou,
sal jy verstaan: Hy was altyd daar, en elke dag getrou.
Hy’s die rus in jou storms, die lig in jou donker nag,
jou ewige Vriend en Vader, wat net op jou gebede wag.
“Hier is ek Vader – Help my.”