Wat Gebeur


Daar is lekker goed wat gebeur by die Kerk:

Elke Woensdag is daar ‘n Tee-Kafee by die Kerk. Hier kan jy die kans gebruik om sommer net saam met die Dominee ‘n koppie koffie of tee te kom drink. Ons klets en gesels sommer net almal saam. Kom maak ‘n draai. Dit sal lekker wees as jy ook inskakel.

Net voor die Tee-Kafee op Woensdae is daar Bybelstudie. Kom luister bietjie en verken die interressante verhale in die Bybel. Dis jou kans om vrae te vra.

Die Ken-Mekaar-Klub kom een maal ‘n maand bymekaar en dit is regtig ‘n heerlike kuiertyd vir almal bo 60. (Maar as jy jonger is gaan ons beslis nie ‘n probleem daarmee hê nie.)

Die Kruiskuier – is weer vir almal in die gemeente wat sommer net saam wil kuier. Hier is families welkom en is dit die ideale geleentheid vir ma en pa om op ‘n Vrydagaand bietjie te kuier op ‘n plek waar die kinders ook welkom is. Bring hulle saam. Ons kuier op die laaste Vrydag van elke skoolkwartaal.

Daar is nog nuus hieronder. Blaai bietjie aan:


Belangrike Datums:

02 September 2023: Hoenderbraai

16 September 2023: Kaas & Wyn

29 September 2023: Kruiskuier

14 Oktober 2023: Damestee

28 Oktober 2023: Kerkraad en Dienswerkersfunksie

04 November 2023: Basaar

09 Desember 2023: Kersboom


Ons het heelwat gebeure waarvan jy asb. deel moet wees, gedurende die jaar. Daar is heerlike kos verkope op ‘n gereelde basis en dan natuurlik het ons ook nou die tradisionele Kerkbasaar twee maal per jaar (ons volgende een is op 04 November).

Teken sommer nou in op ons Facebook blad sodat jy al die nuutste nuus kry. Ons sit die week se afkondigings op die blad, so jy gaan elke week kan lees oor alles wat in ons gemeente gebeur.

En dan nooi ons jou uit: Asseblief kom raak deel van ons familie.

Hier is die skakel na ons blad: KRAAIFONTEIN NOORD GEMEENTE FACEBOOK GROEP

As dit jou verjaarsdag is hierdie week, wens ons jou baie geluk met hierdie spesiale dag wat die Here aan jou geskenk het.

Lekker Verjaar !

Met verwysing na die POPIA Wetgewing kan ons u verseker dat ons alle persoonlike inligting as vertroulik beskou. Op hierdie vorm kan u ook vir ons aandui of u toestemming gee dat ons inligting soos verjaarsdae en/of fotos wat tydens kerk-funksies geneem is, kan deel met die gemeente op sosiale media, asook watter kommunikasie media u verkies.

U kan ook ons handleiding lees – dit is beskikbaar op ons “Kontak ons” bladsy hierbo.


Ons benodig jou ondersteuning. Ons sien uit na jou glimlag. Bowenal wil ons jou graag hier hê.

Kraaifontein Noord Gemeente


Kom Ons Kuier Saam