
Ons Senior en Familie Groepe
Ken Mekaar Klub & Bybelstudie
Ons senior Ken Mekaar Klub is ‘n gesellige saamkuier en gesels elke derde Dinsdag in die maand. Die ander Dinsdae is daar ‘n senior Bybelstudie om 10:00 by die kerk.
Kruiskuier
Kruiskuier is ‘n heerlike geleentheid waar mammas en pappas met hul kinders saam kom en kan lag en gesels. Dis ‘n “vergeet van jou sorge” tyd en ‘n omgee tyd. Kom wees deel van ons kuieraande. Die lekkerte is dat jy jou kinders kan saambring. Hulle speel of kuier veilig saam, terwyl ons as ouers kans kry om bietjie te ontspan, gesels en ander ouers te ontmoet. (Die datums kan by die kerkkantoor verkry word of op Sondae se afkondigings by die deur.)

Raak betrokke by ons senior aktiwiteite. Almal welkom!

Vir meer inligting:
Ds. Johann – 084 705 1424