Maandblad – April 2023

      Waar is Jesus?

As Jesus opgestaan het, moet Hy êrens wees, sê ’n bekende skrywer in ’n boek oor die Christelike geloof. Jesus moet êrens wees – maar waar? Waar is Jesus?

Ons leer van kleins af vir ons kinders:Jesus bly in jou hartjie. Daar is twee redes waarom ons dit doen. Eerstens hoef hulle nie bang te wees nie, want hulle is nooit alleen nie, Jesus bly in hulle hartjie.Dit is vir hulle ‘n troos. In die tweede plek is dit ‘n oproep tot om reg te lewe. Jesus bly in jou hartjie beteken vir ons kinders dat Jesus deel is van hulle elke dag se doen en late. Jesus is jou voorbeeld – uit sy woorde en voorbeeld wat ons in die Bybel sien, leer ons hoe om te lewe volgens sy wil.

Hy het opgestaan, Hy moet êrens wees. Waar is Jesus dan? Ja, Hy het opgevaar en sit aan die regterhand van die Vader. Maar behalwe dit is Hy in die harte van sy kinders. Sy kinders moet egter só leef dat Hy in ons lewens gesien word.

Na Jesus se opstanding sê Maria Magdalena: “Ek het die Here gesien.” Niemand anders as die opgestane Here, want die graf was leeg!. Paasfees gaan daaroor; die Hemelvaart gaan daaroor. Maar daar kom iets by – soos ek die Here sien en ken as die Lewende en die Oorwinnaar, so moet mense na my kyk en sê: “In daardie persoon se lewe sien ek die Here.”       

Leave a comment