God is steeds op die troon
(Jesaja 55: 8 NLV)
God het gesê: “My gedagtes is anders as julle s’n… Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is… my gedagtes hoër as julle gedagtes” (verse 8-9 NLV).
Totdat jy nie vrede maak met die feit dat God nie soos jy dink nie, sal jy sy weë bevraagteken en selfs aan sy liefde twyfel. Ons probeer pyn vermy, maar God gebruik dit dikwels om vir ons vrede te bring. Ons wil vertroosting hê, maar Hy stel meer in karakter belang. Ons jaag dinge wat nie hou nie na, terwyl Hy vir ons sê om ons lewens op dit wat vir ewig duur, te bou.
Die feit is dat God in ‘n dimensie bly wat ons nie eers kan begin om te begryp nie. Salomo het gesê: “Maar wie kan ‘n waardige woning vir Hom bou? Nie eens die hoogste hemele kan Hom bevat nie!” (2 Kronieke 2: 6 NLV) Wat jou beheer, beheer nie vir God nie en wat jou bekommer, bekommer Hom nie.
Vra jouself af: Pla die verkeer ‘n arend? Nee, hy sweef bo dit uit. Word ‘n walvis deur ‘n orkaan versteur? Natuurlik nie; hy duik daaronder. Word ‘n leeu verbouereerd wanneer ‘n muis in sy pad staan? Nee, hy loop net bo-oor hom. Hoeveel te meer is God nie in staat om bo die probleme van die aarde te sweef, onder dit te duik of bo-oor dit te loop nie?
Wat onmoontlik vir die mens is, is moontlik vir God (sien Matteus 19:26). God kan tegelyk orals wees en Hy kan al die gebede wat na Hom toe kom, hoor en beantwoord.
God werk met ‘n plan en ‘n doel. Hy is op die troon en in beheer van alles – tog waak Hy oor elke detail van jou lewe.
Laat hierdie waarheid jou vandag vertroos.