Maandblad – Desember

GEDAGTES IN KERSTYD

‘n Kindjie is gebore om onder mense te kom loop.

God het sy Seun gestuur, Hy het na die aarde toe gekom.

Hy is die Middelpunt van ons verlange en hoop.

Hy het ons kom leer hoe om liefde te laat blom.

Jesus, ons Middelaar, U deel liefde en genade

Ons loof U, o Heer, in hierdie genadetyd op aarde!

Ons bou kastele, bereken geen koste en prys,

Maar bou ons ooit aan ons Hemelse Huis?

Kyk na die Seun van die mens, Jesaja sê Hy was sonder aansien,

Maar Hy leer ons om, soos Hy,  ons naaste te dien.

Jesus, ons Middelaar, is die Waarheid en Lewe,

Ons loof U, o Heer, vir die Weg vir ons  gebaan!

Laat, o Heer, ons oë oopgaan,  ons liefde oorloop.

Van Jesus se liefde, onverdiend, maar vol  hoop.

Die wêreld het ons liefde en vrede, so broodnodig.

Deel vrede en vreugde met almal – dis nooit oorbodig!

Jesus, ons Middelaar en God se Seun

Ons loof U o, Heer, vir u Liefde en Steun!

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13

Ingestuur deur Ita van der Merwe

‘n Briefie uit die Bo-Kamer

(Lees Matt 7:7-11)

Kind van My hart, jy sit jou dikwels en verknies oor al jou behoeftes, maar meeste oor daardie klein behoeftes wat in jou agterkop bly vassteek.  Jou vrees is dat Ek net aan jou basiese behoeftes sal voorsien, en al die ander …… wel wat van die ander?

Ai My kind, dinge, fisiese dinge is opsigself nie goed of sleg nie. Ek het nog nooit ‘n probleem met hulle gehad nie, of het jy self besluit waar jy ydelheid of ligsinnigheid wil toe-deel?

Kind, ……. My kind onthou as ‘n liefdevolle Vader en verantwoordelike Vader sal Ek dinge weerhou van jou wat jou kan benadeel of dalk sal seermaak. Ek het nog nooit opgehou om vir jou My beste gawes te gee nie. Onthou My gawes het die eienskap om jou te laat groei en ontwikkel. Ja ek weet sommige gaan nou sê: “ek is alreeds so oud”. My kind, … My kind, ouderdom kan jy nie koppel aan My liefde of Genade nie. Ek sal jou nog ontwikkel tot baie meer onderskeiding en smaak….. al is jou jaar telling hoog. Kom ons kyk terug in jou lewe. Kan jy onthou so vyf jaar gelede wat jou hart-behoefte was, en wat jy nie gekry het nie. Ek weet jy het My probeer oortuig dat daarsonder jy baie moeilik sou kon leef…… Is jy nie nou verlig dat dit nie gebeur het nie?

Sal jy van My leer kind van My hart? Ek “wil” ‘n meer uitnemende weg vir jou. Sal jy My vertrou. Jy sal sien dat Ek jou beste belange op My hart dra, wat ook jou geluk insluit. Let n bietjie op die volgende paar weke, ja selfs die volgende paar dae. Wees bedag op wat Ek vir jou bring, wat baie van daardie klein begeertes, en ja…. ook behoeftes insluit, selfs ook al daardie goedjies wat jy nie gevra het nie, dit gee Ek jou ook.

Het Ek jou nie geleer om My altyd vir alles direk te vra nie? Ek geniet dit om jou met klein dingetjies te verras, sien dit net raak en maak My Vaderhart warm deur net dankie te sê.

My kind, ja, Ek weet jy word ouer by die dag, en ja jy ken My elke dag beter en beter. Jy put jouself uit met skein-gevegte kind van My hart,………….. Ek is nie teen jou nie, Ek is vir jou!!!

My kind, Ek weet die dag wanneer jy ontdek hoeveel vreugde Ek ook in jou vind, sal jy met groot blydskap kan opkyk in My Vader oë en sien …………………… Ek is lief vir jou

Pappa Vader

Leave a comment