Somtyds-Oomblikke

Somtyds Here twyfel ek; ek is maar net mens…

Somtyds Here is ek bekommerd en oorval vrees vir die toekoms my.

Somtyds Here is ek bang vir wat môre dalk kan bring…

Somtyds Here voel ek net alleen al is daar mense oral rondom my.

Maar in my stil-word-tyd, besef ek weer:  U is Heer.

U weet alles reeds lank vooruit.

U het lank reeds my lewe beplan.

En wys U my die regte pad keer op keer.

Ek verstaan dalk nie altyd die hoekoms en waaroms van die lewe nie,

Daar is soveel vrae.

Maar ek weet verseker ek is nooit alleen

U is by my in al my swaarkry dae.

Dankie Here dat U my lei.

Dankie dat U daar is vir my.

Dankie Here dat ek kan weet;

wanneer daardie Somtyds-oomblikke aanbreek,

U my nooit ooit sal vergeet.

Leer my vertrou en vas te hou

…aan U beloftes vir my

En elke dag U naam te loof

…ek vra U Here:  Bly by my.

Leave a comment