God stuur sy kleine engeltjies op so baie maniere na my en jou.
Soms stuur Hy hulle as wonderwerke en maak ons harte bly.
Hy doen niks sonder ‘n doel nie – en dis alles deel van Sy groot plan,
Om Sy seen oor kinders uit te stort, so goed as Hy maar kan…
Elke kleine engeltjie, selfs die wat ons miskien nie raaksien,
Die met vlerkies wat geknak is, wat God op ander maniere dien,
Is boodskappers wat Hy in sy groot wysheid na my en jou toe stuur
En soms is dit nodig om vir ‘n tyd lank swaarkry en seer te verduur
Dis dikwels juis deur daardie engel van hartseer en gebrokenheid
Dat ons die pad na Hom toe vin den uitkom by sy heerlikheid.
Hoe wonderlik om ook te weet dat daar by Hom geen hartseer is
Geen pyn of traan of gebrokenheid, maar net Sy wonderliefde en sy rus.
Verwelkom elke engelkind wat God na jou toe stuur
En weet dat die wonder van Sy seën groter is as enige swaar van korte duur.
-Helen Steiner Rice-